Kleur gee lewe aan die geskiedenis

LYDENBURG – Ongenadig, bittereinders, konsentrasiekampsterftes en ver-skroeideaardebeleid.

Dit is alles woorde wat sinoniem is met die twee Anglo-Boereoorloë. Dié emosies is selde goed oorgedra in swart-en witfoto’s, maar nou word die kleurelement ingespan om betekenis te gee aan vervloë foto’s van dié oorloë. Steelburger/Lydenburg Nuus het met Tinus le Roux van Pretoria in aanraking gekom wat hierdie unieke kuns bemeester het.

In sy besit het Le Roux ingekleurde foto’s van Lydenburgse krygers van die Boereoorlog asook van die Longtom-kanon. Swart-en-witfoto’s van die stryd tussen Boer en Brit word sorgvuldig deur hom nuwe lewe gegee. Deur sy “ingekleurde” foto’s kry ‘n mens ‘n beter begrip van hoe genadeloos die oorlog werklik was.

Die dorp het natuurlik ook ‘n enorme rol gespeel tydens die Eerste en Tweede
Anglo-Boereoorlog.

JP Cilliers van Lydenburg Museum het
meer inligting rakende die oorloë op die
dorpsgrense met die koerant gedeel.

Op 6 September 1900 het Lydenburg oorgegee aan Britse magte onder bevel van Sir Redvers Buller. Gevolglik het die stryd van Paardeplaats tussen Boer en Brit twee dae later plaasgevind in ‘n poging om beheer oor Mauchsberg te verkry. Die dorp is deur die Britse troepe gedurende die duur van die oorlog beset en talle bronne beskryf hierdie tye.

Een uittreksel uit die dagboek van EA Mackey (Lydenburg News, 3 September 1948: 1 & 2), is besonders beskrywend:

“Lydenburg was surrounded by barbed wire with forts and gun emplacements at every corner. The streets were crowded; every house and building was bursting with soldiers, equipment and stores. The market and church squares and other open spaces were covered with tents.” (Birkholtz, 2006).

Cilliers vertel dat ‘n stuk van die vernietigde Lady Roberts-kanon wat tydens die Suid-Afrikaanse Oorlog (1899-1902) deur Britse magte naby Lydenburg gebruik is, te siene is by Lydenburg Museum.

“ZAR-magte wat lede van die Lydenburg-kommando insluit, het daarin geslaag om hierdie kanon te buit tydens ‘n aanval op die Britse versterkings by Helvetia tussen Lydenburg en Machadodorp op 28 Desember 1900.

Die afneem van die kanon tydens die oorlog was ‘n groot slag vir die Britte, aangesien hulle nie daarin kon slaag om enige van die legendariese Long Tom kanonne wat die Boere so suksesvol teen hulle gebruik het, te kon buit nie,” verduidelik Cilliers.

“Ongelukkig het die waens waarop die ammunisie vir hierdie kanon vervoer is, in diep modder vasgeval en het die Boere dus geen nut gehad vir Lady Roberts nie. Die kanon is later deur die ZAR-magte vernietig om te verhoed dat die Britte dit terugneem. Die grootste gedeeltes van dié kanon is by die Nasionale Museum in Pretoria, maar ‘n stuk wat uit die kruk van die kanon kom, is deel van die Lydenburg Museum-versameling. ‘n Seldsame item inderdaad.”

Die koerant het nader kennis gemaak met Le Roux en uitgevind presies waarom hy so ‘n passie het vir die omskep van dié oorlogfoto’s. “Ek is van Pretoria en het hier en in Newcastle grootgeword. Ek het ingenieurswese studeer en het die afgelope 21 jaar my eie onderneming.”

Le Roux vertel dat hy op die internet ‘n persoon in Engeland gesien het wat foto’s van die Eerste Wêreldoorlog ingekleur het. “Dit was seker so vier jaar gelede. Ek het hom (Doug Banks) gekontak en hy het my aanvanklik gehelp om dit te doen. Ek het steeds kontak met Doug, hy is een van die wêreld se beste militêre historiese foto-colourists.”

Vir hom is die Anglo-Boereoorlog (ABO) ‘n passie en die inkleurwerk met Photoshop ‘n stokperdjie.

“Die kombinasie van die twee is baie opwindend, uitdagend en bevredigend. Ek is baie erg oor die ABO-geskiedenis. My voorsate was deel van die ABO (oupagrootjie was ‘n kryger en is gevang en na Indië gestuur en my oumagrootjie is na ‘n konsentrasiekamp gestuur). My een oupa was as kind in die kampe en hy het my vertel daarvan. Só het ek nog kontak gehad met daardie generasie.”

Volgens Le Roux is dit nie moeilik om die foto’s in te kleur nie, maar om die regte kleure te kry verg navorsing. “Dit kan soms moeilik wees omdat die enigste werklike kleurverwysings na daardie tyd in museums en kleurskilderye asook ou boeke met kleurplate of -beskrywings is. Google maak hierdie uitdagings makliker.”

Besoek gerus Le Roux se Facebookblad, Boer War Colourised Photographs, vir meer van die besondere oorlogfoto’s.

  AUTHOR
Narda Vermaak
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Steelburger se eksklusiewe onderhoud met Jakkie Louw en Ramey Short

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: