LYDENBURG – Andries Steenkamp, die boer wat vanoggend op sy plaas aangeval is, sterk tans aan in Midmed hospitaal in Middelburg.
Steenkamp is deur drie rowers in sy slaapkamer oorval.
Volgens Kapt. Kaizer Moela, SAPS Lydenburg se woordvoerder, het ‘n oor-en-weer skietery onstaan en het die rowers op die vlug geslaan.
Al drie het klapmusse gedra.
Hy is tydens die voorval in die kuit, bobeen en sy geskiet.
Lees die volledige berig in môre se uitgawe.
Lees vanoggend se berig hier: