Redenaars

Voor: Karla Mallo, Lani Lombard, Kati-Marie Venter, (agter) Kayleigh Joubert, Gift Mjekula, Abdul Abdullah en afrigter, Damon Venter.

Dit was net goud vir Laerskool Burgersfort se debatspan tydens die Radikale Redenaarsfees op Lydenburg. Ses redenaars het aan die proewe wat op 6 Junie plaasgevind het, deelgeneem. Vir baie mense is dit senutergend om voor ‘n gehoor op te tree, maar dit staan nie in die pad van dié leerlinge nie. Almal wat deelgeneem het, het goue sertifikate ontvang en is deur na die finale proewe waar hulle op provinsiale vlak gaan meeding. ‘n Datum vir dié deelname is nog nie vasgestel nie.

  AUTHOR
Mariska Sadler

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Versamelaars