Vrou van vele talente.

Sy was ‘n kranige ringbalspeler tot ‘n rugoperasie ‘n einde daaraan gemaak het. ‘n Jaar na die operasie het sy geval en die skroewe in haar rugwerwels gebreek. Terwyl sy herstel het, het sy septisemie in die hospitaal opgedoen en was sy vir ‘n lang ruk in haar bed gekluister.

“Ek doen dit omdat dit baie terapeuties is.”

Dit was toe dat ‘n vriendin haar leer hekel het. Van toe af het die kreatiwiteit uit haar begin vloei.
Zelna borduur en doen naaldwerk, asook tokreen-, krale- en breiwerk, en het selfs ‘n demonstrasie op YouTube van hoe om ‘n beertjie te maak, gevolg en een gehekel.
Haar patroon en beskrywing van die proses is nou landswyd beskikbaar, danksy ‘n Facebook-kunsvlytgroep.

 

  AUTHOR
Mariska Sadler

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
SAPS and stores partner up to bring joy and meals to orphans