St Patricks

Lida Wiid, Ralie Meyer, Johan Meyer en Marius Wiid.

LYDENBURG – St. Patricks-dag is Vrydag met groot fanfare by Café Crust gevier. Daar is lekker gekuier, geëet en tot laat gedans.

Citation het die musiek verskaf terwyl ‘n groot bomavuur aangesteek is om tot die feestelikheid by te dra.

• Dit is ‘n Ierse tradisie wat jaarliks op 17 Maart sint Patrick se lewe herdenk, een van Ierland se bekendste beskermheiliges wat Christenskap in dié land gedurende die vierde eeu na Christus bevorder het.

Vandag eer mense egter die Ierse erfenis, sy ryk kultuur en tradisies die wêreld oor.

Die kleur groen word met hierdie dag verbind.

Daar is ‘n legende dat om groen op dié dag te dra, jou onsigbaar maak vir leprechauns, feetjiekreature, wat enigeen sal knyp wat nie groen dra nie.

Deesdae is St. Patricksdag

‘n verskoning om partytjie te hou, te drink, groen te dra en almal wat nie groen dra nie, te knyp. Lees meer op latintimes.com.

  AUTHOR
Pat Engelbrecht

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
SA atletiek