Vurige Nissan Navara laat die vonke spat

Vir die kleingoed is 'n inkleurkompetisie gehou. Die wenners in die verskeie kategorieë is: (voor) Irene Verster, Karlien McDonald, Jessica de Bruyn, Heinricht Malipaard, Estie Rossouw (agter) Charlene Oosthuizen, Donald Nkosi en Chené Lotter (beoordelaar).

LYDENBURG – Daar was Saterdag ‘n hunkering in mans, maar ook in vroue se oë toe Longtom Nissan die nuwe Nissan Navara bekendgestel het.

Die publiek kon die bakkies vir toetsritte neem, en terwyl daar ge-oe en ge-aa is oor die bakkies, is die keingoed met ‘n springkasteel, gesigsverf en ‘n kunskompetisie besig gehou.

Die bakkie, met sy moderne, onderskei-dende voorkoms, is volgens www.nissan.co.za die eerste bakkie wat met ‘n swaardiens-vyfskakel-spiraalagterveerstelsel toegerus is.

Dit bied glo uitstaande rygerief sonder om die veldry- en vragdravermoë te beperk.

Die binneruim is modern met onverwagse gerief en spasie vir elke sitplek.

Gaan maak ‘n draai by Longtom Nissan en toetsbestuur die nuwe Navara. Dalk is jy eersdaags die eienaar van hierdie vurige bakkie.

  AUTHOR
Pat Engelbrecht

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Burgersfort laer lente dag