Ohrigstad atletiek byeenkoms.

OHRIGSTAD – Laerskool Ohrigstad se sportgronde het verlede Woensdag gewemel van atlete. Leerders op die paviljoene het hulle skoolmaats met krete en fluite aangemoedig. Die atmosfeer was gelaai en het almal se bloed vinniger laat pomp. Laerskole Ohrigstad, Atokia, Burgersfort en Steelpoort het deelgeneem in hierdie vrienskaplike byeenkoms. Alhoewel geen rekords geslaan is nie, het baie leerders op hulle eie persoonlike bestes verbeter. Iets om te aanskou en by stil te hou is die kleinspan se hoogspring, dit kan moontlik die oulikste gebeurtenis van die dag wees. Leerders het oor hekkies gesnel terwyl ander die lang afstande aangepak het. Dit was ‘n dag propvol aktiwiteite, maar gelukkig was daar ook ‘n snoepie wat heerlike eetgoed verkoop het om die atlete aan die gang te hou.

 

  AUTHOR
Mariska Sadler

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Nog ‘n plaasaanval skok gemeenskap