Rusoord valentyn

LYDENBURG – Rusoord Outehuis se seniors het verlede Vrydagmiddag hul jaarlikse Valentynsmark gehou. Getrou aan die tradisie, was daar weer allerlei stalletjies met snuisterye en lekker eetgoed. Inwoners het die mark goed ondersteun. Veral die pap en kaiings en die pap en wors het baie aftrek gekry, soveel so, dat daar later ‘n lang ry mense was wat dié gewilde eetgoed wou koop.

Mense het gesellig om die tafels gekuier en sommige was gepas in wit en rooi geklee.

  AUTHOR
Pat Engelbrecht

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Jou beste vriend wag by Home 4 paws