Interhuis Laerskool Burgersfort

Die kleinspan het ook 'n beurt gekry om te hardloop.

Laerskool Burgersfort se paviljoen het die afgelope Saterdag gewemel van die atlete en toeskouers in afwagting op aksie tydens die Toyota-atletiekbyeenkoms.

Laerskool Atokia, Calvin College en Laerskool Ohrigstad het ook aan die vriendskaplike byeenkoms deelgeneem. Nie eens die hitte (39C°) kon ouers en toeskouers weghou nie.

Die gees en atmosfeer was aansteeklik. Laerskool Burgersfort weet net hoe om so ‘n gebeurtenis te reël.

Onderwysers op hulle poste en ‘n uitgewerkte en ‘n stiptelike program het gesorg dat alles seepglad verloop.

Daar is ook rekords opgestel. Kaloshi Keamogetswe van Burgersfort het die verspringrekord in haar ouderdomsgroep na 3,34m verbeter.

Reabetswe Kgasago van Atokia het die 60m in ‘n tyd van 9,34sek afgelê.

  AUTHOR
Mariska Sadler

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Graduates now awarded diplomas