Spelers geniet aksie op die rolbalbane

Rolbalspelers van so ver as Naboomspruit het Saterdag aan ‘n ope-rolbaldag op Lydenburg deelgeneem.

Klublede van Malelane, Nelspruit LVCC, Watervalboven en Lekkerbreek naby Naboomspruit het mekaar op die grasbaan kom uitdaag. Die wenners van die dag was die span van Malelane. Lydenburg se span het vierde geëindig. Volgens Annetjie Moller van die Lydenburg Rolbalklub, was dit ‘n gesellige byeenkoms en wil die klub hul dank uitspreek teenoor die klubs en almal wat ‘n bydrae gelewer het om die dag ‘n sukses te maak.

  AUTHOR
Pat Engelbrecht

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Crime fighters unite to hunt down armed robbers