Gaste neem met geesdrif deel aan dié karnaval

BURGERSFORT – Inwoners kon nie uitgepraat raak oor die onlangse karnavalpartytjie by die Plaashuis nie. Daar was verskeie stalletjies, speletjies, lekkernye en bederfies vir die droë kele. Me. Tanya van Niekerk, ‘n plaaslike inwoner en kunstenaar het gesorg vir die vermaak terwyl partytjiegangers vrolike kledingstukke aangetrek het om by die karnaval-tema te pas.

Me. Judy Winterbach, Plaashuis-eienaar was baie tevrede met die geleentheid en vertel dat Juan Boucher vroeg in Februarie by haar plek sal optree.

  AUTHOR
Chané van der Merwe
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Man geskiet tydens huisinbraak.