Ongeskikte karwagte val klante glo lastig

LYDENBURG – Inwoners van die dorp is goed die josie in vir die sogenaamde karwagte in Voortrekkerstraat. Steelburger/Lydenburg Nuus het verskeie klagtes oor die gedrag van die karoppassers ontvang en het besluit om self ondersoek in te stel.

Van dié wat ontvang is, is dat die wagte opdringerig is, ongeskik is as hulle diens van die hand gewys word, en dat daar selfs aan voertuie geslaan word as hulle nie betaal word om dit op te pas nie.

Toe hierdie joernalis reg voor FNB parkeer, het ‘n sogenaamde karwag gevra om die voertuig op te pas. Sy het egter verduidelik dat sy net vinnig bank toe gaan. Met haar terugkeer het hy nietemin geld vir die oppas gevra. Toe hy betaling geweier word, het hy die joernalis beledig en as ‘n “slegte white” uitgeskel. Met die wegry het hy ook probeer om op die kar te spoeg.

Sedert ‘n inskrywing op Facebook oor die wagte se gedrag, het verskeie inwoners laat hoor dat hulle dieselfde behandeling ontvang het. Die eienaar van Compu-Cell in Kantoorstraat, Imtiaz Suliman, het selfs sover gegaan om ‘n petisie op te stel oor die wagte klante lastig val. Dit is aan die polisie oorhandig.

Kapt. Alfred Moela, woordvoerder van Lydenburg SAPD, het bevestig dat hulle kennis dra van die klagtes. “Bestuur gaan eersdaags daaroor vergader en ons gaan beslis werk maak van die klagtes. Ons gaan beraadslaag oor hoe

  AUTHOR
Narda Vermaak
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
GODSHOME ARM MENSE