Jo Black oorrompel Lydenburg

Jo Black (middel) met Norman en Somari Jordaan by die Café Crust-ontbyt waar Jo sy lewensverhaal op sy eie manier met volwassenes gedeel het. Foto: Gerda Whitehorn

Dit is ‘n verhaal van verslawing en ‘n pad wat nie altyd maklik was nie – een wat jou laat luister.

Black se stem is manlik en sy lirieke diep maar hoewel hy al 16 jaar lank sing, het hy nog nooit daaraan gedink om ‘n CD te maak nie.

Hy het in sy begindae in kroeë gesing en daarna op gospel- en lofsangoptredes by kerke gekonsentreer.

Sy motiveringspraatjies by skole het algaande ook meer in die kollig gekom.

Moet net nie die man op sy baard en tatoeëermerke takseer nie. Sy boodskappe aan die jeug bring moed, inspirasie en positiwiteit.

Jo Black is sy verhoognaam, hy is inderwaarheid Jo Engelbrecht gedoop.

  AUTHOR
Pat Engelbrecht

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Toyota competition