Wer tyd vir lekker kuier by Doppermark

LYDENBURG – En hier is dit weer. Praat van braaivleis, heerlike vleis teen billike pryse, toutrek, pannekoek, tuisgebak, vetkoek, worsbroodjies, kerrie-en-rys, poeding, ‘n tuinstalletjie, vars groente, ‘n Tweede Asem-tafel (nee, dit het nie te doen met marathonhardloop nie – tweedehandse goed word hier verkoop), ‘n teetuin, speletjies vir kinders… dit alles wag op 25 en 26 Augustus op inwoners. Die mark word op die terrein van die NG Moedergemeente in Kerkstraat gehou en skop Vrydagaand af met ‘n braai-ete wat vanaf 16:30 te koop is teen R50 per bord. Kaartjies kan ook vooraf by die kerkkantoor of Post Net gekoop word.

Om 18:00 vind die gewilde toutrek-kompetisie plaas waar maatskappye, personeel van skole en besighede spanne kan inskryf om hul krag (én vernuf!) ten toon te stel. Stuur inskrywings na: witte@ecblaauw.co.za of skakel 082-927-4696.

Saterdagoggend om 08:00 begin die groot jolyt.

Kom koop, geniet en smul saam.

Wie is nou lus om op ‘n Saterdagoggend ontbyt te maak as jy dit by die mark kan kom eet? Tussen 08:00 en 10:00 word die lekkerste ontbyt voorgesit. Om 10:30 kom kuier Oom Karoolus en Lente ook vir die jongspan – en almal wat nog jonk van gees is!. Toegang is gratis

Skakel Johannét Mulder by ons kerkkantoor by 013-235-4391 vir enige navrae oor die mark. Kom geniet die dag saam met die Doppers.

  AUTHOR
Pat Engelbrecht

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Hearts of needy touched by donor