Wyn by De Ark

LYDENBURG – Dit was middel van die winter en Noag het besluit om ‘n reünie op De Ark te hou.

Sem kon die wyne kies en het op Zandvliet Landgoed net buite Ashton besluit. Die skoondogters het gevra of hulle die spyseniering kon behartig en hulle het uitgehang soos laas voor die vloed.

Vir die wynproe is niemand minder nie as die wynmaker en bestuurder, Jacques Cilliers ingevlieg. Hy het ‘n sestal uithalerwyne saamgebring – die albatros was swaar gelaai. Die duif kon hoogstens die proenotas aflaai – selfs die spyskaart was te gewigtig.

Dit was ‘n luukse om die wynmaker as toerleier te hê. Sy detail en anekdotes oor die wynmaakproses, het die gewone reisigers én die kenners aan sy lippe laat hang.

Na die geurige sop met biltong-en-amandeltapas en ‘n pina colada-broodjie, is die Sauvignon Blanc en die 2015 Hill of Edon Chardonnay geproe. Vyftien en 15,5 uit 20 was die tellings. Hierna het die Zandvliet Shiraz 2014 (alweer ‘n 15!) en die Kalkveld Shiraz 2014 gevolg – laasgenoemde tot wyn van die aand gekroon.

Die hoofgereg het Noag se vrou skoon skaam gehad. Na al haar bedenkinge oor die skoondogters, het sy nie dié oordadigheid verwag nie: Guinnessvleispastei met pangebraaide hoender in ‘n sitrussous, groentetjes met wasabi-kapokaartappels daarby. Die Shiraz moes op albei bene staan.

En toe kom die verrassing: ‘n 017-Muscat wat jou laat dink jy drink heuning. Teen R100 per bottel loshande die waarde-vir-geldwenner van die aand.

En Zandvliet se VLW Shiraz 2013 wat eintlik ‘n Port is – net die maters vir Francis le Roux, eienaar van De Ark se truffel-trio.

Noag kon eenvoudig nie meer nie. Tot die volgende reünie – Bastilledag op Vrydag 14 Julie by Café Crust. Bespreek by Crust of lydwyngilde@gmail.com.

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

lowvelder_smallcorridor_smallnelspruitpost_smallhazyview_smallmpumalanganews_sallwhiteriver_smallbarbertonTimes_smallgetitagrieco Autodealer.co.za
Top
Recommended Story x
SA atletiek

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Barberton Times
Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other