Godshome se oumas kry die respek en liefde wat hulle verdien

LYDENBURG – Godshome, ‘n plaaslike niewinsgewende organisasie, het onlangs bejaarde vroue met nuwe haarkapsels bederf. Cassablanca Hair het elkeen met respek en liefde ontvang en behandel.

Volgens MC Pretorius van dié organisasie, is daar heerlik tee gedrink, gesels, gelag en geskerts oor kinders, kleinkinders en lang vervloë dae.

“Die vroue, wat almal ook behoeftig is, was nie beperk op dit wat hulle hart begeer het nie. Daar is gekleur, gebleik, gestreep, geknip en geblaas. Na afloop van ‘n baie suksesvolle kuier is elke ouma met ‘n lekkergoedpakkie bederf en is elkeen by hul onderskeie wonings afgelaai.”

Pretorius meen dat die vroue die dag se pamperlang opreg waardeer het. “Hulle was ongelooflik dankbaar en het van oor tot oor geglimlag. Dit maak wat Godshome doen, altyd die moeite werd.” Godshome se missie is om die weerloses in die gemeenskap te ondersteun en te bemagtig.

“Daarom wil ons seker maak dat hulle ‘n vol, gelukkige en waardige lewe het deur meer interaksie met ander mense te hê. Baie bejaardes vereensaam en bly ver van hulle kinders af. “Baie van hulle is vergete deur die wêreld, maar ‘n vriendelike gebaar van ‘n vreemdeling sal ‘n swaar hart gou weer opbeur. Na die sukses van die dag sal daar in die toekoms meer sulke geleenthede gereël word,” sê Pretorius.

Godshome beplan om elke week vyf tot ses bejaarde vroue op ‘n bederf-uitstappie te neem. “As daar enige iemand is wat Godshome wil ondersteun in hierdie onselfbaatsugtige taak, besoek ons Facebook-blad om meer te wete te kom van ander innoverende projekte om die lewens van kinders en bejaardes te verryk.”

Die organisasie kan by 076-019-3963 of 073-304-0304 geskakel word.

  AUTHOR
Narda Vermaak
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Kerkbasaar

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Barberton Times
Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other