gemaskerde rondloper

Die uitsig bo van die koppie af.

BURGERSFORT – Inwoners van die Lions Rock-woonbuurt is bekommerd omdat hulle bedags en snags deur ‘n gemaskerde man geteiken word.

Nadat twee vroue helderoordag in hul huise aangeval is en na ‘n vlaag huisinbrake wat aangemeld is, blyk dit dat die buurt ‘n teiken vir misdaad word.

Dit is nie duidelik of die man, wat al ‘n paar keer deur inwoners gewaar is, alleen is nie, en of hy deel van ‘n netwerk misdadigers is. Inwoners het al so ver gegaan om kameras buite hul huise op te stel en sekuriteitsogies op hul erwe aan te bring.

Die man, wat altyd ‘n balaklawa dra, word vermoedelik met die twee huisaanvalle, asook ‘n poging tot huisbraak, verbind. Hy is al só gekonfyt dat hy net ver genoeg van die ogie af staan, honde met klippe bestook, en daarna sy kans benut om by die huise te probeer inkom. Hy bly in ‘n beboste klipkoppie agter die woonbuurt.

Snags, vertel inwoners wat verkies om anoniem te bly, sluip hy af na die erwe toe en toets wie alarms buite het en hoe ver van die huis af dit geaktiveer word.

‘n Inwoner vertel dat toe die buitealarm van sy huis een middag deur die man geaktiveer is, beamptes van Protect Sekuriteit hom die koppie in agternagesit het. Hy het hulle egter ontglip maar is later die dag gewaar waar hy in ‘n boom in die koppie gesit en die woonbuurt bespied het.

Inwoners het selfs al verhuis in ‘n poging om die misdaad vry te spring. Hy spits hom veral toe op Coral- en Kgopastraat.

Om veiligheidsredes wil inwoners nie kommentaar oor die saak lewer nie, maar spreek wel hul kommer uit.

Die eienaar van Protect Sekuriteit, Christo van Graan, doen die volgende aan die hand om inwoners meer gerus te stel. Hy meen kriminele is nie dom is nie en dat hulle goed navorsing doen voor hulle ‘n huis beroof.

“Hulle sal die huis dophou en naderhand presies weet wanneer die mense die huis verlaat en wanneer dit veilig is om toe te slaan.”

Hy sê om deur die dag ‘n buitelig aan te hê, verklap die feit dat niemand tuis is nie. Volgens hom bly ‘n alarmstelsel maar jou beste afskrikmiddel.

Sy raad is dat mense vals alarms moet beperk sodat wanneer die noodlot werklik tref, sekuriteitsbeamptes reg vir aksie kan wees.

“Dit is ook raadsaam om ‘n heksleutel by jou sekuriteitsmaatskappy, ‘n vriend of buurman te laat. Sekuriteitsreaksie beteken niks as hulle nie jou erf kan binnekom nie,” voeg Van Graan by. Bogenoemde geld wanneer jy tuis of met vakansie is.

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

lowvelder_smallcorridor_smallnelspruitpost_smallhazyview_smallmpumalanganews_sallwhiteriver_smallbarbertonTimes_smallgetitagriecoRD_smalllooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Recommended Story
Perde siekte