‘n Boer wat nie ‘n gat wil sien nie, maak ‘n plan

Bo: 'n Vragmotor gaan 'n motor op die skouer van die pad verby. Alwyn Beetge besig met herstelwerk op een van die slegste dele van die pad. Jan Nel saam by sy span wat die pad herstel. Hier is Simon Letswalo, Piet Kutu, Gert Letswalo, Jerry Letswalo en Reuben Kutu besig om grond af te laai.

LYDENBURG – Moedelose boere langs die R36/Badfonteinpad het Woensdag ingespring en verskeie slaggate op dié pad op eie koste herstel.

Volgens een van die boere in die Badfonteinvallei, het hulle by Lydenburg se paaiedepartement aansoek gedoen om herstelwerk van die pad. “Ons aansoek is egter van die hand gewys. Ons het toe besluit om die paaiedepartement se hoofkantoor in Mbombela te nader en het die skrywe aan hulle gerig. Ons het die toestemmingsbrief ongeveer drie weke gelede gekry.”

Boere van die vallei het op eie onkoste waarskuwingsborde, vlae en glimbaadjies aangekoop. Hulle het ook hul werknemers en eie toerusting soos trekkers, sleepwaens, TLB’s en wipvragmotors beskikbaar gestel.

Die oorspronklike pad is in die jare sewentig gebou en is nie geskik vir die vragte wat deesdae deur swaarvoertuie vervoer word nie.

Hulle is moeg gevra vir instandhouding van die pad en het besluit om self skouer aan die wiel te sit en die nodige te doen, vertel die boere.

Volgende week gaan hulle begin om die verbrokkelende skouers van die pad weer op te bou. “Die skouergedeeltes van die pad verbrokkel. Die pad is ook te nou vir die ertstrokke wat daar ry en hulle moet op sekere gedeeltes van die

pad op die skouer in die stof ry.”

Gevolglik versper die stof die sig van die bestuurder van ‘n kar, wat agter so ‘n trok ry en is daar dus ‘n groter gevaar om in een van die enorme slaggate of selfs voor ‘n ander voertuig te beland.

Voormanne en werknemers van Izusu, Heymans Kole en Reinhardt Transport het by die boere aangesluit en het nou ‘n beter begrip vir motoriste se dilemma met die trokke op die pad.

Die R36 is lag-lag een van die gevaarlikste paaie in die land.

Die oorsponklike teer is besig om heeltemal te verbrokkel. In 2016 is slegs 10 kilometer van dié nagmerriepad in Kwenadam se omgewing herstel. Sedertdien is die herstel van die ander sowat 40 kilometer al drie keer deur die Mpumalanga-paaiedepartement uitgestel.

Hoewel die departement verlede jaar aan die koerant bevestig het dat instandhouding aan die res van die pad gedoen gaan word, het daar dadels van gekom.

Boere voel dat die veiligheid van hulle families wat daagliks die pad gebruik, hulle genoodsaak het om op te tree.

Die enigste bydrae wat Lydenburg se paaiedepartement tot die herstel van die pad gemaak het, is ‘n dekade oue spoedteken wat 30km/h aandui.

Die koerant wag vir terugvoer van die departement oor wanneer die volgende fase van herstelwerk aan dié pad gaan plaasvind.

  AUTHOR
Narda Vermaak
Journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
‘After 23 years, we still don’t have clean water’

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Barberton Times
Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other