full moon walk

Leander en sy ouma, Lyn Esser.

Die 46 voetslaners, toegerus met kopflitsies en stapstokke, het die afgelope naweek teen 19:30 die Nooitgedacht-roete van ses kilometer aangedurf. Toerleier Kevin Ruthven het gevra dat die flitse eers later aangeskakel moes word.

Na die eerste effense opdraande het die volmaan sy gesig gewys. Die ou goudmyn-ruïnes en die Finsbury-vallei het opgedoem en daar was opwinding in die lug. Na ‘n ge-oe en ‘n ge-aa het ons die kameras en selfone eenkant gesit en erken dat ‘n mens ekstra slim moet wees om foto’s in die donker te neem.

Die maan het genoeg lig op die pad gegooi om sonder flitse te stap. By die draaipunt, waar die Finsbury- en Masjienkloof-vallei bymekaarkom, was dit uitspantyd en die piekniekkos is uitgehaal.

Die weer het saamgespeel, die kinders (van so jonk as vyf jaar oud) was sterre en Kevin het die voor- en die agterhoede gelukkig gehou.

Met die laaste skof is die flitse aangeskakel en daar was iets sprokiesagtigs aan die tou van 46 liggies wat bergaf gekronkel het – tot by Paardeplaats se opstal waar koffie gewag het.

Moenie met die volgende volmaan voor die TV inskuif nie – kom beleef die natuur saam met Lowveld Hikers en kry vir jou ‘n herinnering wat lank sal hou.

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

lowvelder_smallcorridor_smallnelspruitpost_smallhazyview_smallmpumalanganews_sallwhiteriver_smallbarbertonTimes_smallgetitagriecoRD_smalllooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Next Story
COLOUR RUN

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Barberton Times
Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other