ratels jaareindfunksie

Gasspreker Willem Montgomery.

BURGERSFORT – Na ‘n baie suksesvolle rugbyseisoen het die Ratelsrugbyspan van Ohrigstad hul jaarlikse prysuitdeling by die Plaashuis met swier gevier.

Die Ratels was vanjaar die Mpumalanga-wenners van die Laeveld Reserwe Mayors liga-afdeling waar hulle sake met die span van Ermelo uitgespook het. Verskeie spelers is met trofeë en toekennings vereer.

Willem le Grange is aangewys as die speler van die jaar. Puntemaker, Martin van den Berg is beloon vir die speler wat die meeste punte aangeteken het. Drieëvrate, Juan van Zyl en Panda Richards deel die trofee vir die speler wat die meeste drieë aangeteken het. Die mees lojale speler wat die meeste van die oefeninge bygewoon en wedstryde gespeel het, is Jannetjie Oosthuizen

‘n Speler wat aanvanklik aan die begin van die seisoen byna rugby wou opgee, maar wat deurgedruk het en die beste vordering getoon het, was Daandre Oosthuizen. Panda Richards is ook gekies vir die Puma-sewesspan en het by hulle prysuitdeling met die trofee vir speler van die Klerksdorp se provinsiale toernooi weggestap.

Die Ratels se afrigters loop oor van trots en sê hulle is meer as tevrede met die spelers se vordering en dat hulle uitsien na die volgende seisoen om weer die beker huis toe te bring.

Die afrigters het van die geleentheid gebruik maak om hulle borge te bedank vir hulle ondersteuning gedurende die jaar.

Hulle is: Plaashuis, Tafelkop Water, Steelpoort Mining Services, 2YK Construction, Kobus Carstens, Kobus Beetge, Isuzu Lydenburg, Coastal Hire Lydenburg, Diesel Electro Steelpoort, Flamesign’s Burgersfort, Tyre Corporation, Lamb and Ale Ohrigstad, Khumula Lodge Burgersfort, National Guarding Burgersfort, Tubatse Mall, Ouickfix Burgersfort en Nutech Burgersfort.

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

lowvelder_smallcorridor_smallnelspruitpost_smallhazyview_smallmpumalanganews_sallwhiteriver_smallbarbertonTimes_smallgetitagriecoRD_smalllooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Recommended Story
Ratels kraai koning

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Barberton Times
Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other