Houtstropers word op heterdaad betrap

Strikke om diere te vang wat verwyder is.

BURGERSFORT – Vermeende houtstropers is Saterdag tydens ‘n klopjag deur boere en die polisie in die Watervalsriviervallei vasgetrek.

Die klopjag het op die plaas van mnr. Piet Boshoff plaasgevind.

Houtstropery is al vir ‘n geruime tyd ‘n probleem op Boshoff se plaas. Oortreders knip die drade langs die R37 buite Burgersfort om so toegang tot die plaas te verkry. Boshoff het al telkemale die draad herstel, slote langs die draad gegrawe om te verhoed dat voertuie daar kan deurgaan en self grondwalle gegooi maar dit het nie oortreders uit gehou nie.

Die klopjag was die uitvloeisel van ‘n vergadering met die Burgersfort Polisiestasie bevelvoerder, kol. Margaret Kgedi, ‘n rukkie terug.

Nege boere en vyf polisiemanne het Saterdag vroegoggend by die afdraai na die plaas vergader om ‘n plan van aksie te bespreek. Daarna is hulle in groepe verdeel wat die plaas gepatrolleer het. Binne ‘n uur is twee voertuie, elke met ‘n bestuurder en passasier, aangekeer. Beide voertuie was swaar met vars-gekapte hout gelaai.

Die omgewing waar die houtstropers aangekeer is, is naby die dorp wat die vervoer van die hout vergemaklik.

Een van die stropers het aan ‘n polisieman vertel dat hulle slegs R30 vir ‘n vrag hout vra.

Twee strikstellers is ook vasgetrek. Hoewel dit ook ‘n groot probleem in die area is, was dit nie die doel van die klopjag nie, maar soos een van die boere,

mnr. SJ Potgieter vertel, was dit ‘n bonus om hierdie stropers ook te vang. Hy sê dat daar ‘n paar dae vroeër sowat 100 strikke op ander plase in die vallei verwyder is.

“Daar is soveel dooie bome wat klaar uitgedroog is wat hulle kan vat, nou kom kap hulle jong groen bome af. Dit lyk soos ‘n sirkel waar hulle reeds gekap het, dis baie hartseer hoe die natuur ontbos word, maar ten minste was die dag ‘n reusesukses,” sê Potgieter.

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

lowvelder_smallcorridor_smallnelspruitpost_smallhazyview_smallmpumalanganews_sallwhiteriver_smallbarbertonTimes_smallgetitagriecoRD_smalllooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Recommended Story
Burgersfort laer redenaars