Waterval CVO-atlete maak hul merk in Sasolburg

Voor: Zoé de Meillon, Liemoni Joubert, Monique de Lange, (middel) Jason Kriel, Karlien Labuschagne, Will de Meillon, Naudé Joubert, (agter) Ruben Britz, Daniël Wolmarans en Ruben Fensham.

BURGERSFORT – Waterval CVO se atlete het tydens die skoolvakansie in Sasolburg aan die Oos-Transvaalse atletiekkampioenskap deelgeneem het. Liemoni Joubert het tweede plek in die 80-meter behaal. Ruben Fensham het die diskus en gewigstoot in sy ouderdomsgroep gewen. Will de Meillon het tweede in hekkies geëindig. Ruben Britz het ook koning gekraai in sy ouderdomsgroep vir gewigstoot. Karlien Labuschagne het met die louere weggestap vir spiesgooi in haar ouderdomsgroep en Monique de Lange het beide die 60- en 80-meter gewen.

  AUTHOR
Chané van der Merwe
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
WATCH: Attempted robbery on G4S truck