Reddingsdiens word bedank vir flink optrede

Dr. Chris de Jager skryf:

Op 25 Februarie is ‘n pasiënt wat aan skok gely het, by my spreekkamer ingebring. Sy was bewusteloos en haar bloeddruk kon nie bepaal word nie.

Na ressusitasie is daar vasgestel dat sy in haar buik gebloei het. Dit was van uiterste belang dat sy so gou moontlik na ‘n hospitaal vervoer moes word, waar sy ‘n bloedoortapping kon kry en geopereer kon word om die bloeding te stop.

Dilokong Hospitaal het geen ambulans beskikbaar gehad nie, so ook nie Jane Furse nie. Hierdie was ‘n nie-betalende pasiënt sonder ‘n mediese fonds en privaat ambulansdienste wou nie help nie. Die situasie was werklik benard, aangesien sy sterwend was.

Ek het mnr. Arend Lambrecht van Lion Smelter HSEC Fire and Rescue gebel en die situasie verduidelik. Ek sal altyd sy woorde onthou: “Dok, ek stuur ‘n ambulans”.

Die pasiënt is na Dilokong Hospitaal geneem. Die volgende oggend het ‘n dokter van dié hospitaal my gebel om te sê dat sy geopereer is en dat sy stabiel is.

Ek bedank graag Lion Smelter HSEC Fire and Rescue vir hierdie mensliewende daad. Ek dra ook my dank oor aan mnr. Lambrecht en al die ambulanspersoneel wat hierby betrokke was.

  AUTHOR
Chané van der Merwe
Journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

lowvelder_smallcorridor_smallnelspruitpost_smallhazyview_smallmpumalanganews_sallwhiteriver_smallbarbertonTimes_smallgetitagriecoRD_smalllooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Next Story
PART 2: What you need to know when buying a house