Plaaslike inwoners geniet Geloftefeesvieringe

Tiaan de Jager, Henk Goosen, Lodewyk de Jager, Leandie Hamman en Janie van Rooyen.

BURGERSFORT – Inwoners regoor die kontrei het weer vanjaar bymekaargekom vir die jaarlikse Geloftefeesvieringe in die Watervalsriviervallei. Dit het oor twee dae gestrek en by die feeshuis, geleë op die R37 tussen Burgersfort en Lydenburg, plaasgevind. Die oorspronklike feeshuis was ‘n sinkkonstruksie wat deur Martiens van Rensburg en Koos Naudé opgerig is, maar dit is in 1948 met bakstene herbou wat deur Dirk Winterbach gemaak is. Die totale koste was daardie tyd 600 pond.

Die Geloftevieringe het Dinsdag met ‘n laertrek en bring-en-braai afgeskop. Woensdag voor sonopkoms is die saluutskote geskiet en teen 07:30 kon besoekers die verhaal van Bloedrivier in die feeshuis kyk. Ds. Abel Steyn het daarna die erediens gelei en vir middagete het almal onder die bome vir ‘n heerlike ete bymekaargekom. Teen 18:30 het die program tot ‘n einde gekom met ‘n toneelstuk wat deur die kampeerders opgevoer is.

  AUTHOR
Chané van der Merwe
Journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Leaking sewers a concern to communities

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Barberton Times
Corridor Gazette
Hazyview Herald
Lowvelder
Mpumalanga News
Nelspruit Post
Steelburger News
White River Post


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other